Jewel Craft since 1995

Jewel Craft is ‘n familie besigheid waar hartlikheid, trots, tradisie, passie en kreatiwiteit wat na jare nog uitgevoer word. 

 

Rean Pieterse is deel van ‘n familie waar vakmanskap oorgedra word van pa na seuns. Theo Pieterse, Rean se pa, begin met ‘n stokperdjie in 1983 op sy plaas La Riviera om juwele te vervaardig. Hy word vinnig die een om na te gaan om ringe te ontwerp en te vervaardig deur die hele omgewing se boervroue.

 

Pa Theo se entrepeneurskap lei toe tot die winkel La Riviera Vervaardigende Juweliers in Bultfontein se hoofstraat. Jaco die oudste seun het in sy pa se voetspore gevolg, opleiding by hom gekry en maak die volgende familibesigheid Gold Craft in Welkom oop.

 

Jewel Craft open sy deure in die Brandwagsentrum in 1995 in Bloemfontein, toe Rean besluit om sy tandheelkunde jas op te hang en eerder juwelier te word, soos sy pa en broer. Jewel Craft was gou geliefd onder die Bloemfonteiners en brei later uit met graveer, trofee en ‘n horlosie herstel afdeling.

 

In 2017 skuif die graveer, trofee – en horlosie herstel afdeling na ‘n groter perseel in 35 Dan Pienaar rylaan, waar trofee onwerp en volgens elke kliënt se behoeftes gemaak word. Jewel Craft Throphies, spog met die nuutste tegnologie in graveer toerusting om op metaal, plastiek, glas, leer of hout te graveer met presisie.  Skole en groot instansies met aflewering  van  trofees kan sommer voor die besigheid stop en sonder moeite gehelp word.

 

‘n Nuwe, moderner Jewel Craft Vervaardigende Juweliers skuif November 2018 na Northridge. Vandag na 26 jaar het Jewel Craft nog steeds dieselfde hart en plattelandse gasvryheid,  ‘n verskeidenheid van goue en silwer juweliersware,  horlosies en geskenke.  Ring ontwerp en vervaardiging word gedoen met die voorste tegnologie in drie dimensionele  digitale rekenaar ontwerp, waar Rean interaktief  saam met die kliënt ‘n unieke ring beplan om te pas by jou sprankelende persoonlikheid.

 

 Ons kliënte strek oor die hele land en hulle weet ons is daar vir elke koestertyd in hulle lewens, om die onthou oomblikke te vir ewig in juweliersware of ‘n horlosie wat van geslag na geslag oorgedra word, met gravering om die storie “memory” aan te hou vertel.

 

 By Jewel Craft met sy passievolle personeel, word kliënte familie.

Subscribe to Newsletter

    (required)